KidsLocal newsPrimary School

Havies maak hul nuwe hoofleiers bekend

Dié Havies is gereed om die leisels oor te neem.

Laerskool Dr Havinga het onlangs hul nuwe leiers vir volgende jaar aangewys en ook die nuwe hoofleiers aangekondig.

Alhoewel die leiers reeds in Oktober bekend gemaak is, is die hoofleiers eers op Donderdag, 1 Desember tydens die skool se Graad 6-prysuitdeling aangekondig.

Die skool se nuwe hoofleiers is soos volg:
• Onderhoofdogters: Animike Potgieter, Kaylee Strydom en Janke Uys
• Onderhoofseuns: Keagan Grobler, Themba Dengura en Wian Venter
• Hoofdogter: Omolemo Cwaile
• Hoofseun: Divan Lubbe

Die amptelike leierinhuldiging sal Donderdagaand, 8 Desember by die skool plaasvind. Die skool is trots op elkeen van die leerders en wens hul sterkte toe vir die jaar wat voorlê.

Related Articles

Back to top button