Local newsNews

Kruiner Kunskompetise-wenners aangekondig

Die skole wat deelgeneem het is Bryanston Parallel Medium School, Laerskool Dr Havinga, Laerskool Kenmare en Laerskool Helderkruin.

Laerskool Helderkruin het onlangs ‘n platform vir jong kunstenaars geskep deur ‘n unieke Kruiner Kunskompetisie te loods.

Volgens kompetisie-organiseerder Amanda Botes is die geleentheid vir vier laerskole se Graad 6- en Graad 7-kunstenaars geskep wat kans gesien het vir nog ‘n aktiwiteit in ‘n reeds vol program.

Die skole wat deelgeneem het is Bryanston Parallel Medium School, Laerskool Dr Havinga, Laerskool Kenmare en natuurlik Laerskool Helderkruin. Die kunswerke wat voorgelê is, was boonop puik en van hoogstaande gehalte.

“Laerskool Helderkruin se leuse is ‘Reik na die Kruin’. Daarom is dit ons missie om elke leerder te lei tot volle potensiaalontwikkeling. Die leerders het ook nie teleurgestel nie. Inteendeel, hulle het bewys dat daar ‘n behoefte is onder die jong kunstenaartjies om hul liefde en passie te kan deel,” het Amanda vertel.

“Die geleentheid is ook vergemaklik deur die puik borgskap van PNA Valley View in Noordheuwel. Me en mnr Korsten van PNA het met ruim harte uitmuntende pryse geskenk sodat daar nie net een wenner kon wees nie, maar vyf!” het Amanda bygevoeg.

“Laerskool Helderkruin kon ook met trots toekyk hoe me en mnr Korsten self die pryse oorhandig. Ander borge insluitend MH Frames, Dean’s en Lillian Art School het ook die kunskompetisie-idee ondersteun.”

Die trotse PNA pryswenners:

Graad 6:
• Kategorie B-wenner – Jana de Villiers-Viljoen van Laerskool Helderkruin
• Kategorie A-wenner – Hade-Marie van Graan van Bryanston Parallel Medium School

Jana de Villiers-Viljioen van Laerskool Helderkruin. Foto: Verskaf.
Hade-Marie van Graan van Bryanston Parallel Medium School. Foto: Verskaf.

Graad 7:
• Kategorie B-wenner – Austin Botha van Laerskool Dr Havinga
• Kategorie A-wenner – Hildegrad Schraader van Bryanston Parallel Medium School

Austin Botha van Laerskool Dr Havinga. Foto: Verskaf.
Hildegrad Schraader van Bryanston Parallel Medium School. Foto: Ingestuur.

PNA 2022-toekenning vir belowende kunstenaar:
Rachel Wiltshire van Laerskool Helderkruin

Rachel Wiltshire van Laerskool Helderkruin ontvang die PNA 2022-toekenning vir belowende kunstenaar. Foto: Verskaf.

Algehele wenner 2022:
Hildegrad Schraader van Bryanston Parallel Medium Skool
(Prys geborg deur MH Framers Noordheuwel)

Die skole is trots op die leerders en moedig hulle aan om hul kunsvaardighede verder te ontwikkel en te koester.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button