NewsSchools

Havies se atlete geniet die pret in die buitelug

Laerskool Dr Havinga het hul interhuisatletiekdag in die helder oggendson op Saterdag, 6 Maart gehou.

Niks klop die dou op die oggendgras en die geluid van die afsitterspistool nie.

Laerskool Dr Havinga het hul interhuisatletiekdag in die helder oggendson op Saterdag, 6 Maart gehou. Die koronavirusprotokol was streng, maar almal het daaraan voldoen, selfs die ouers wat buite die heining gestaan het om hul klein sterretjies te sien deelneem. Daar was ook ‘n beperking op atlete, en hulle moes huis toe gaan sodra hul item klaar was.

Atlete laat waai wenstreep toe. Foto: Jarryd Westerdale.

Daar is nietemin steeds top atletiek op die veld van dié historiese skool ten toon gestel. Talle rekords het gespat, en een wat uitstaan was dié van Leonè van Eeden wat die meisies o.13-gewigstootrekord verbeter het tot 9,97m.

Die beste seunsatlete was Rudi Harmse (veldatleet) en Luan Louw (baanatleet). Leoné is as die beste dogtersveldatleet aangewys terwyl Jennifer Khourie met die beste dogtersbaanatleet-toekenning weggestap het.

Atlete laat waai wenstreep toe. Foto: Jarryd Westerdale.

Die beste algehele prestasies onder die juniors en die seniors het ook erkenning gekry. Die junior victor en victrix ludorum was onderskeidelik Logan Lubbe en Clareece van Niekerk. Rudi het uitgestaan as senior seuns victor ludorum, en die beste senior dogters victrix ludorum was Yarishe Gericke.

Atlete laat waai wenstreep toe. Foto: Jarryd Westerdale.

Alle kompetisies binne skoolverband word nou weer toegelaat en daar word gehoop dat atlete hulself binnekort teen die beste van ander skole sal kan toets.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button