NewsSchools

Groot leemte by Bastion na onderwyser se afsterwe

'Mev Lubbe was werklik 'n steunpilaar vir ons skool'

“Sy was werklik ‘n steunpilaar vir ons skool wat alles met opregte liefde en toewyding gedoen het. Sy was ‘n ware voorbeeld vir elkeen.”

So het die hoof van Hoërskool Bastion, Gert Koekemoer gesê, nadat Jeanetta Lubbe na ‘n lang stryd met kanker oorlede is.

“Mev Lubbe, of Tannie Jeanetta, soos almal haar geken het, was die afgelope 35 jaar by Bastion betrokke waar sy haar werk met groot onderskeiding gedoen het – eers as Afrikaans-onderwyser, Departementshoof en later as Adjunkhoof. Alhoewel sy ‘n geruime tyd gelede afgetree het, het sy tot voor haar afsterwe nog by die skool gewerk,” het Gert gesê.

Hy het bygevoeg dat Jeanetta na haar aftrede baie meer by die versorging en ondersteuning van die skool se leerders, ouers en personeel betrokke geraak het. “Sy het verskeie projekte geïnisieer en suksesvol bestuur – projekte soos die voedingskema, klerebank, asook die blikkies- en kombersprojek om ons leerders en gemeenskap te ondersteun, temawerk om Bybelse waardes by die leerders vas te lê, die gebedsgroep en die Cansa Walk for Life. Sy het gesorg dat daar ‘n steunstelsel was vir leerders, ouers en personeel, en sy het ook berading op vele vlakke aangebied,” het Gert vertel.
Hy het ook gesê dat Jeanetta se deur altyd oopgestaan het, en dat sy almal laat welkom voel het. Sy was altyd gereed om te ondersteun, en ‘n vinnige drukkie of ‘n inspirerende woord te gee. “Selfs toe sy ernstig siek geword het, het sy steeds die leerders met ‘n glimlag gehelp.”

Hy het met die volgende woorde afgesluit, “Ons wil graag haar gesin en familie bedank wat haar tuis versorg het. Dankie ook aan Clarette, wat gesorg het dat sy elke dag by die skool kon wees, sodat sy ‘n verskil in nóg iemand se lewe kon maak. Ons gaan Jeanetta vir seker baie mis, hoewel ons weet dat sy nou op ‘n beter plek is, waar daar geen pyn of hartseer meer is nie.”

Gert het ook sy medelye uitgespreek teenoor die familie en vriende van nóg ‘n oud-onderwyser, Louis Grové, wat op 16 Mei na ‘n lang siekbed oorlede is.

Sosiale media het gegons nadat dit bekend geword het dat Jeanetta oorlede is. Hier is ‘n paar van die boodskappe wat huidige, asook oud-leerders, geplaas het:

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Related Articles

Back to top button