Editor's choiceNewsSchools

Geen boelies by Roodies welkom nie

'Ons streef daarna om afknouery uit te wis'

 

Laerskool Roodekrans het onlangs besoek van die teenboelieveldtogspan van die burgerregte-organisasie AfriForum ontvang.

Dié besoek het gedien as bewusmaking van afknouery in skole, wat inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers ingesluit het.

Roodie-leerders luister aandagtig tydens die teenboelieveldtog.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” het Leandie Lombaard, AfriForum se leierskapsontwikkelingskoördineerder gesê.

Die hoof van Laerskool Roodekrans, Deon Rousseau het gesê, “Roodies is ’n waardegedrewe skool wat daarna streef om afknouery heeltemal uit te wis. Ons fokus op vyf spesifieke waardes, naamlik verantwoordelikheid, omgee vir ander, eerlikheid, integriteit en respek.

Leandie Lombaard (AfriForum) tydens die teenboelieveldtog. Foto: Verskaf

Dit is ook vir ons belangrik dat ons leerders die verskil tussen afknouery en gesonde konflikhantering moet ken en verstaan. Ons beplan om elke kwartaal sprekers te kry om in samewerking met AfriForum bewustheid oor afknouery onder ons leerders en onderwysers te skep.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button