Editor's choiceLatest SportSport

Stoeiers vir harde werk beloon

Marco Maree as beste presteerder aangewys

 

Die stoeiers van die Wesrand Stoeigimnasium (WSG) is tydens die jaarlikse prysuitdeling vir hul harde werk beloon.

Die funksie het by Eastco vakansie-oord plaasgevind, en die stoeiers en hul families het ‘n heerlike naweek vol pret gehad.

Marco Maree is die klub se beste presteerder vir die jaar. Foto: Verskaf

Die gimnasium het ‘n baie goeie jaar beleef en elke stoeier is met ‘n trofee vir deelname beloon. Volgens Illona Buys van die gimnasium was hierdie jaar se spesiale meldings soveel dat hulle heelwat nuwe wisseltrofees moes aankoop.

Nege van die stoeiers het spesiale toekennings ontvang, soos volg:

• Marco Maree – Trofee vir SA Presidente Skolekampioenskappe (Gouemedalje ontvang), sertifikaat vir SA Kleure verwerf, trofees vir gouemedaljes verower by die SA Jeugkampioneskape (Vrystyl asook Grieks-Romeins).

• Johan Heyns – Trofees vir silwer- en bronsmedaljes verower by die SA Presidente skolekampioenskappe (Vrystyl en Grieks-Romeins), trofees vir goue- en silwermedaljes verower by die SA Jeugkampionskappe (Vrystyl sowel as Grieks-Romeins) en ‘n sertifikaat vir SA Kleure verwerf, asook ‘n sertifikaat vir derde plek behaal by die Noordvaal-kampioenskappe.

• Zander Vorster – Sertifikaat vir deelname aan SA Presidente Skolekampioenskappe, sertifikaat vir SA Kleure verwerf, trofee vir gouemedalje verower by die SA Jeugkampionskappe, asook ‘n sertifikaat vir derde plek by behaal by Noordvaal-kampioenskappe.

• Juan Nel – Sertifikaat vir deelname aan SA Seniorkampioenskappe (Vrystyl), trofee vir silwermedalje by SA Seniorkampioenskappe (Grieks-Romeins), asook trofees vir bronsmedaljes verower tydens die Meesters Wêreldkampioenskappe (Vrystyl en Grieks-Romeins).

• Daneil Blokdyk – Sertifikaat vir SA Kleure verwerf, sertifikaat vir deelname aan SA Jeugkampioenskappe (Vrystyl), trofee vir gouemedalje verower by SA Jeugkampioenskappe (Grieks-Romeins), asook ‘n sertifikaat vir derde plek behaal by Noordvaal-kampioenskappe.

• Victor Coetzee – Trofee vir bronsmedalje verower by SA Jeugkampioenskappe (Vrystyl).

• Tylor Burkett – Sertifikaat vir Sentraal Gauteng kleure, sertifikaat vir deelname aan die die SA Jeugkampioenskappe, asook ‘n sertifikaat vir derde plek behaal by Noordvaal-kampioenskappe.

• Ruan Nel – Sertifikaat vir Sentraal Gauteng kleure, sertifikaat vir deelname aan die die SA Jeugkampioenskappe, asook ‘n sertifikaat vir derde plek by behaal by Noordvaal-kampioenskappe.

• Tiaan Claassen – Sertifikaat vir Sentraal Gauteng kleure asook ‘n sertifikaat vir deelname aan die die SA Jeugkampioenskappe.

Marco is die stoeier met die beste prestasies vir die jaar, en het WSG wisseltrofees vir die volgende ontvang:

• Sportman van die Jaar

• Beste Vrystyl Stoeier

• Beste Presidente Stoeier

Tydens die Sentraal Gauteng Provinsie se prysuitdelings is hy as die Sentraal Gauteng Stoeier van die Jaar aangewys, aangesien hy die eerste Sentraal Gauteng stoeier is wat in een jaar drie SA gouemedaljes kon verower.

“Juan Nel, ons hoofafrigter by Wesrand Stoei Gimnasium, sonder jou liefde en passie vir stoei en ons seuns en hulle talente wat jy help ontwikkel sodat hulle die beste kan wees wat hulle kan wees, sou ons klub nie die fantastiese prestasies behaal het wat ons behaal het nie. Vier nuwe SA Kampioene in een jaar – dit alleen sê alles! Baie dankie Wesrand familie, julle is goud werd, wat ‘n voorreg om deel van julle te kan wees. Baie geluk!” het Emmie Maree gesê.

Die WSG vier volgende jaar hul 20ste bestaansjaar en beplan heelwat groot dinge, insluitend meer gekwalifiseerde afrigters, beter oefentoerusting, oefensessies wat op verskillende vlakke van gereedheid fokus asook ‘n groot Wesrand Challenge-toernooi.

Vir meer inligting oor die WSG kontak Francois Buys by 082 853 5357 of Juan Nel by 083 411 3758.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button