Editor's choiceLocal newsNews

Stoeiers help om 10-jarige se droom te bewaarheid

Die HWA-rofstoeiers in die kryt by Laerskool Florida ten bate van Tytan Swarts

 

Die 10-jarig Tytan Swarts se droom om weer saam met sy maats te kan hardloop en speel, is nog ‘n stappie nader daaraan om bewaarheid te word.Tytan het op sy tone begin loop toe hy vier jaar oud was omdat sy Achilles-sening verkort het. Sy ma Dalene Swarts het gesê, “Hy was baie nuuskierig toe hy jonger was en het altyd op sy tone gestaan om na iets te kyk wat hom interesseer, of om iets wat hy graag wou hê, in die hande te kry. Tytan kan weer normaal loop, maar die operasie wat hy daarvoor nodig het, beloop sowat R35 000.”

Om te help om Tytan se droom te bewaarheid, het die Honour Wrestling Association (HWA) se stoeiers ingestem om te help. Hulle gaan op 24 November mekaar die stryd in die kryt aansê om geld in te samel sodat Tytan in Desember geopereer kan word.

Die geleentheid sal vanaf 7nm by Laerskool Florida plaasvind, en toegang beloop R20 per persoon. Alle toegangsgelde sal aan Tytan se fonds geskenk word.

Die HWA-rofstoeiers gaan by Laerskool Florida in die kryt klim ten bate van Tytan Swarts. Foto: Facebook

Leoni Bekker, die eienaar van die skool se kafeteria (Die Windpompie) het bygevoeg, “Kom ondersteun asseblief hierdie geleentheid. Die dansers van Fusion Dance Studio gaan voor die gevegte optree en Die Windpompie sal oop wees sodat eet- en drinkgoed gekoop kan word.”Enige ander donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:T Swarts, Absa Key West, rekeningnommer 9194224208, met Die Windpompie as verwysing.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button