Een van die grootste golfdae dié jaar
Die skool gaan die opbrengs van die gholfdag tussen verskeie liefdadigheidsorganisasies en ander begunstigdes verdeel om te verseker dat Krugersdorpers nie swaarkry nie.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2017/10/IMG_1268_80921.jpg)
Laerskool Roodekrans en Engen Ouklip het op Dinsdag, 24 Oktober een van die grootste gholfdae vanjaar aangebied.
Die meer as 41 vierbalinskrywings het beteken dat daar nagenoeg 170 gholfspelers op die Krugersdorpse Gholfbaan was. Die rede? Om iemand in nood te help.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2017/10/IMG_1219_44689-520x390.jpg)
Foto: Bianca Pindral.
Die skool gaan die opbrengs van die gholfdag tussen verskeie liefdadigheidsorganisasies en ander begunstigdes verdeel om te verseker dat Krugersdorpers nie swaarkry nie.
Roodekrans het self ook ‘n putjie op die golfbaan geborg en ‘n heerlike speletjie, ‘Come hit a spade in one’ aangebied. Spelers moes ‘n gholfbal met ‘n graaf slaan en ‘n Smarties-boks daarmee omslaan.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2017/10/IMG_1229_72887-520x390.jpg)
Foto: Bianca Pindral
Die skool se onderwysers het ook ‘n kans gekry om saam te speel.
Daar was agterna ‘n lootjietrekking met onderskeidelik R10 000, R7 000 en R3 000 op die spel.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!