Editor's choiceLocal sportSport

Hengelaar katrol die toekennings in

Dylan maak skoonskip by prysuitdeling

‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Bastion het die hengeltoekennings tydens die onlangse prysuitdeling ingekatrol.

Dylan Jacobs het uitstekende prestasies behaal, en is tydens die Gauteng Varswater Oewerhengelvereniging se jaarlikse prysuitdeling daarvoor beloon.

Hy is nie net tot die Gauteng o.19-juniorhengelspan vir 2017/ 18 herverkies nie, maar is ook as Gauteng se Junior Sportman van die Jaar aangewys.

“Namens die skool wil ons hom weereens met sy prestasies gelukwens. Ons is baie trots op hom,” het Monique Naudé, die skool se skakelbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button