Editor's choiceSchool sportSport

Rugbyspelers op pad Bethlehem toe

Sewe spelers vir Lynx-uitnodigingspan gekies

“Ons is baie trots op hierdie seuns se prestasie en is opgewonde om te sien wat vir hulle voorlê!”

Dit is die woorde van Wesley Pretorius, die sport- en rugbyorganiseerder by Hoërskool Bastion, nadat sewe rugbyspelers tot die Lynx-uitnodigingspan verkies is. “Die feit dat hulle uitgesonder is vir hierdie groep, wys net dat Bastion se rugby op die regte pad is,” het hy opgewonde gesê.

Juandré Combrinck, Chandré van der Berg, José Dias, Keegan du Plessis, Ruben Chaimbers, Cor-Louis van Biljon en Riaan de Jager gaan tydens die Julie-vakansie aan die jaarlikse VKB Country Districts Rugby Week in Bethlehem deelneem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button