Local sportSchool sportSport

Bastion sluit Puk-reeks op hoë noot af

Eerstehokkiespan vir meisies is as reekswenners gekroon.

Hoërskool Bastion se hokkie–, netbal– en rugbyspanne het die Puk-reeks op ‘n hoë noot afgesluit.

Die finale rondte van dié reeks het op 22 April by Hoërskool Dr Malan in Meyerton plaasgevind, en al Bastion se spanne het vir ‘n plek uitgespeel.

Bastion se eersterugbyspan het derde in die reeks geëindig.

Die 0.17-netbalmeisies het hul wedstryd gewen en ‘n algehele vyfde plek behaal. Die 0.16- en eerstehokkiespanne het hul wedstryde gewen, en die 0.15’s het gelykop gespeel. Die 0.14-, 0.16- en die eersterugbyspan het hul wedstryde gewen en die eerstespan het algeheel derde geëindig. Die 0.15-rugbyspan het ‘n tweede plek behaal.

Zoë van der Plank was deel van die eerstehokkiespan. Foto’s: Verskaf

Die hoogtepunt van die dag was die eerstehokkiespan vir meisies wat as die wenners van die Puk-reeks aangewys is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button