Editor's choiceLocal newsNews

Bouprojek skrik nie dié 74-jarige af nie

Roodepoort Sentrum vir Bejaardes-inwoner help met bou van nuwe afdeling.

Die idee van ‘met pensioen wees’, is gewoonlik luilekker oggende en rustige tye op die stoep met niks anders om te doen as om ‘n koerant of boek te lees nie.

Dit is ook wat Danie en Anna Lategan gedink het toe hulle in Desember 2013 by die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes ingetrek het. Alles het egter verander toe Danie tot die Beheerraad verkies is. Die Beheerraad het besluit om die Alzheimer-afdeling te verbeter en ook ‘n nuwe vleuel vir inwoners met vroeë demensie aan te bou.

Met Danie se siviele agtergrond en ervaring van uiteenlopende bouprojekte was hy die eerste keuse om te nader vir hulp met die bouprojek.

Met sy passie vir projekbestuur en die ontwikkeling van konsepte het die energieke 74-jarige nie een oomblik getwyfel voor hy ja gesê het nie. Hy het die geleentheid met albei hande aangegryp. As projekbestuurder het hy soms hy letterlik dag en nag gewerk om sy taak na die beste van sy vermoë uit te voer.

Vandag spog die sentrum met ‘n moderne opgeknapte Alzheimer Sentrum en 16 splinternuwe en suite kamers vir egpare of enkellopende persone. Wat die afdeling onderskei van ander is dat dit voorsiening maak vir voornemende inwoners wat nog ‘n mate van selfstandigheid wil geniet en nie noodwendig reeds in ‘n aftree-oord wil woon nie. Die afdeling bied aan inwoners versorging met opgeleide verpleegpersoneel, drie etes per dag asook ‘n kombuisfasiliteit waar inwoners soms self vir hulle etes kan voorberei. Dit is ook ideaal vir egpare waarvan een maat dalk verpleegdienste nodig het terwyl die ander nog relatief gesond is.

Die afdeling het ook dagsorgfasiliteite waar inwoners op ‘n daaglikse basis versorg kan word terwyl hulle geliefdes by die werk is.

Daar sal ook binnekort professionele dienste van ‘n maatskaplike werker, dokter en fisioterapeut beskikbaar wees.

Vir meer inligting kontak Jolene Peyper by 011 672 5475 of besoek die sentrum se webblad by www.rsvb.org.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button