Editor's choiceNewsSchools

Nuwe revuekompetisie vir skole

Skole het kans to 26 Augustus om in te skryf vir RevueSA 2016

RevueSA 2016 is ‘n opwindende revuekompetisie vir laer- en hoërskole wat van 5 tot 21 September in Carnival City se Big Top Arena aangebied word.

Frans Swart, hoof uitvoerende beampte van Lefra Produksies, waar die idee van ’n nasionale revuekompetisie ontstaan het, het gesê hy is baie opgewonde oor die projek.

“Laer- en hoërskole spandeer soveel tyd, geld en energie aan hul jaarlikse revue,” het Frans gesê.

“Ek het al baie van die revues gesien waarvan die standaard baie naby is aan dié van ‘n professionele produksie. Dit is dan altyd vir my hartseer dat daar nie ‘n verdere lewe vir hierdie revues is nie. Dit is die rede waarom Lefra Produksies besluit het om hierdie kompetisie aan te bied.”

Hy glo ook dat RevueSA 2016 ‘n goeie platform vir skole sal skep om mekaar se produksies te sien en te geniet. Dit sal ook skole die geleentheid bied om te bepaal waar hul eie produksie se standaard lê, deur dit met die ander produksies te vergelyk.

Slegs 26 laer- en 26 hoërskole sal aanvanklik gekeur word vir deelname aan RevueSA 2016.

Om vir keuring aansoek te doen, word skole versoek om die inskrywingsvorm volledig te voltooi en saam met ‘n 10-minute-video aan hulle te stuur.

“Dit is nie nodig om ekstra geld op ‘n videoproduksie te spandeer nie. ‘n Goeie video- of selfoonkamera kan gebruik word,” het Frans gesê.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Augustus.

Keuring sal op 26 Augustus afgehandel wees, waarna die gekeurde skole in kennis gestel sal word.

Die kompetisie sal op ‘n uitklopbasis aangebied word en daar is groot pryse op die spel.

Elke deelnemer sal ook ‘n sertifikaat van deelname ontvang.

Bekende beoordelaars en aanbieders gaan ingespan word om van RevueSA 2016 ‘n groot sukses te maak.

Die kompetisie gaan ook verfilm word vir moontlike uitsending op kykNET NOU!

Vir meer inligting oor RevueSA 2016, kontak Lefra Produksies by 011 815 8300 of stuur ‘n epos aan navrae@revues.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button