Local newsNews

Buurtwag verbly kankerlyertjies se harte

Talle van die kinders word nie eers deur familie besoek nie.

‘n Aantal kankerlyertjies in die Charlotte Maxeke Hospitaal-kindersaal se harte is op 25 Julie deur West Suburbs Roodepoort Neighbourhood Watch (WSRNW) verbly. Dié buurtwag het onlangs ‘n projek van stapel gestuur om speelgoed en kruideniersware vir hulle in te samel.

Een van die buurtwaglede se kinders is onlangs in die saal opgeneem en hulle het die nood daar gesien. Talle van die kinders word nie eers deur familie besoek nie.

Die gemeenskap het egter hul harte oopgemaak en die buurtwag oorlaai met alles van speelgoed, inkleurboeke en komberse tot broodnodige kruideniersware.

Alta Weare, wat haar perseel vir WSRNW se radiobeheerkamer beskikbaar gestel het, het binne twee weke 30 komberse vir die kinders gemaak.

“Ons is oorweldig deur die gemeenskap se ruimhartigheid,” het woordvoerder Frik van Zyl gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button