MunicipalNews

Munisipaliteit traag om in te gryp

Clarke beïndruk met inwoner se voorstel om gemeenskapsdiens-werkers in veld te laat werk, maar proses is traag, meen sy.

Die probleemagtige wandelpad tussen Ontdekkersweg en Mimosastraat is maklik oplosbaar, maar die munisipaliteit is tydsaam met die implementasie van ‘n gemeenskapsdiens-projek.

Volgens raadslid vir wyk 83, Suzanne Clarke, het Johan Visser haar verlede jaar Oktober genader om ‘n gemeenskapsdiens-projek daar te loods. Die idee is om gevangenisse hul gemeenskapsdiens daar te laat uitvoer. Die Record het verlede week oor dié veld, wat tussen twee motorhandelaars op Ontdekkersweg geleë is, berig.

“Sy voorstel het vir my goed geklink en ek het vir hom so gesê,” het Clarke vir die Record gesê.

Sy het die voorstel reeds verlede jaar aan die betrokke stadsraadslid, Christine Walters, City Parks & Zoo en die streeksdirekteur, Mlamleli Belot, deurgegee.

“Visser het gevra dat ons die Roodepoort Polisie en Metro Polisie ook betrokke kry sodat hulle toesighouers gedurende die projek kan wees.”

Volgens Clarke het Walters dit met die munisipaliteit bespreek en klem daarop gelê dat die voorstel te lank vat om geïmplementeer te word.

“Ek verwelkom enige ingryping van die gemeenskap en munisipaliteit in hierdie verband; die veld is ‘n sekuriteitsrisiko vir inwoners en mense is al besteel deur skelms wie dit as wegkruipplek en ontsnaproete gebruik,” het Clarke bygevoeg.

Verder sê sy die sluipslaper wat die veld as woonplek gebruik is al verskeie kere deur die Metro Polisie verwyder, maar hy bly terugkom, en terroriseer nogsteeds inwoners van Mimosastraat. Clarke verwag om vandeesweek ‘n maatskaplike werker wat sy ontmoet het, wat spesifiek met sluipslapers werk, te benader in dié verband.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button