Local newsNews

Chaos vir ‘n goeie doel

Ons is baie dankbaar vir die diens wat hulle lewer

Chaos het in die gange van Ons Huis Afteeoord geheers verlede week.

Die inwoners het die plek op horings geneem, maar alles was in goeie gees. Die verpleegpersoneel het die dag “af” gehad terwyl die inwoners hulle vereer het vir hul harde werk tyden Nasionale Verpleegsterdag.

Die bestuurder van Ons Huis Marita van den Bergh sê die inisiatief was om die verpleegster te bedank vir hul harde en onbaatsugtige diens wat hul daagliks lewer.

“Elkeen is bederf met ‘n glasbeker gevul met ‘n sjokolade, oorbelletjies en ‘n kaartjie. Die verpleegpersoneel werk baie hard en moet soms onder moeilike omstandighede nog hul beste lewer. Ons is baie dankbaar vir die diens wat hulle lewer.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button