NewsSchools

Top afrigters maak Roodie-geskiedenis

23 Hoogs-gekwalifiseerde vroue bou aan uitstekende netbalspelers by Laerskool Roodekrans.

Met 23 spog-netbalafrigters kan Roodies trots sê hulle het die beste sporthulp in die omgewing.

“Hulle is ‘n passievolle groep wat uiters toegewyd en entoesiasties ons spanne lei,” het skoolwoordvoerder Theolene Pienaar gesê.

Onder die 23 is vyf as D12-skeidsregters gekwalifiseer, 12 D12-skeidsregters wat gekwalifiseer het om op 10 Junie hul Gautenggradering te voltooi en agt Gautengskeidsregters, sowel as een nasionale skeidsregter.

Pienaar het vertel die sleutel tot hul sukses is enorme toewyding en jaarlikse kursusse, klinieke en kampe wat al die afrigters bywoon. Hierdeur bly hul op hoogte van die nuutste reëls en afrigtingstegnieke.

“As gevolg van ons holistiese benadering en massadeelname is ons in die bevoorregte posisie om baie diepte in ons netbalspanne te hê.

“Elke span het sy eie afrigter, wat dus bydrae lewer tot intensiewe en kwaliteit afrigting,” het sy gesê.

“Ons is werklikwaar trots op dié span in eie reg en voel ons jaarlikse liga-uitslae spreek vanself.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

 
Back to top button