Local newsNews

Pragtige nostalgie op die planke

Genot en heimwee met dié kabaret by die Roodepoort Teater.

Die mooiste, teerste herinneringe aan hul jong dae het ouer Roodepoort inwoners beleef toe hul onlangs As Drome Vlerke Kry by die Roodepoort Teater gaan kyk het.

Die Lefra Produksies-kabaret het ouer inwoners gelok met sy ouetehuis-tema en pragtige musiek uit die 40s en 50s van ikone soos Judy Garland, Édith Piaf en Nana Mouskouri. Die gehoor was gaande oor die stel, rekwisiete en briljante toneelspel. Regisseur Frans Swart het gesê die titel is vir hom simbolies oordat pensioentrekkers ook nog droom en drome kan vlerke kry. Menigte bekendes, onder andere Carike Keuzenkamp, was in die gehoor. Lefra Produksies het ook die Abraham Kriel Kinderhuis genooi en sowat 20 kinders het die musiek kom geniet.

Almal het geskaterlag toe Hennie Smit (Egbertus), wat maar altyd as ‘Bertie’ uit sy Egoli-dae onthou sal word, die klassieke Afrikaanse lied Sarie Marais in rock ‘n roll- en foxtrot-styl en selfs as ‘n troumars verwerk het. Sy verhoogmaat, Arina de Witt (Aria) het ‘n stem soos ‘n nagtegaal en het die ikone se maniere perfek uitgebeeld. Hul karakters kom beide uit die vermaaklikheidswêreld en was vir die ouetehuis se jaarlikse konsert hard aan die oefen. Op stadiums was dit moeilik om te bepaal of die produksie in die Roodepoort Teater of ‘n saal in Las Vegas afspeel.

Na die tyd is gaste genooi om die akteurs en regisseur te ontmoet en ‘n kelkie saam te geniet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button