Local newsNews

VF+ noem polisie ‘futloos’ na Discovery dubbelmoord

Die party het ook sy medelye aan die familie van die egpaar, wie se name tans onbekend is, uitgespreek

Die VF Plus voel die polisie is futloos teen misdadigers, na die gru-moord van ‘n bejaarde egpaar in Pittsrylaan vandeesweek.

Advokaat Anton Alberts het in ‘n persverklaring gesê die politiese party is “geskok”.

“Die polisiediens se onvermoë om misdaad te beheer is suiwer die skuld van besluitmakers wat nie die land of ‘n stad na behore kan bestuur nie,” het hy bygevoeg.

Sy verwysing is na ‘n bejaarde egpaar wat op Woensdag 27 April dood in hul motorhuis deur ‘n huiswerker aangetref is. Beide se hande en voete is met draad vasgebind en daar was sigaret brandmerke aan hul liggame. Die vrou het ‘n plastieksak oor haar kop gehad.

Lees meer: Elderly couple found murdered

Die party het ook sy medelye aan die familie van die egpaar, wie se name tans onbekend is, uitgespreek en is erg geskok oor die brutaliteit van die moord.

“Hul moordenaars hoort agter tralies en ons doen ‘n beroep op die polisie om nie te rus alvorens die saak nie opgelos is nie,” het Alberts gesê.

Hy het homself uitgespreek oor die voordele wat ‘n koalisie-regering vir die Metro-polisiediens mag inhou, sodat hulle bemagtig sou wees om meer aktief betrokke te wees in misdaadbekamping, in stede daarvan om inwoners met boetekaartjies te oorlaai.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button