School sportSport

Dr Havinga meisie krieket nie suinig oor skild nie

Dié span eindig hul liga en deel die skild met 'n ander skool na 'n strawwe wedstryd.

Die meisies van Laerskool Dr Havinga het hard gewerk en hul seisoen op ‘n hoë noot geëindig.

Hul vierde plek op die punteleer het gesorg dat hul kwalifiseer vir die semi-finale. Hulle het ‘n naelbyt-wedstryd teen Kagiso Primary School gespeel, het skoolwoordvoerder Anesta Zevenster gesê.

“Dr Havinga het uiteindelik geseëvier, wat die span teen Soweto Primary School te staan laat kom het,” het sy gesê.

Op 14 Maart het dit, na slegs 20 minute op die veld, katte en honde gereën gedurende dié eindwedstryd.

“Na ernstige besprekings en onderhandelings tussen die afrigters en die voorsitter van die Gauteng Laerskool Krieketraad, AJ Rudman, het hul ooreengekom dat die twee skole die skild sal deel as algehele wenners in die Gauteng Laerskole Dogters Krieketliga,” het Zevenster gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button