Local newsNewsSchools

Twee oud-Kruiners is voorwaar sportsterre

Sussies vorder hul netballoopbaan verder deur vir verskeie spanne te kwalifiseer.

Vir Laerskool Helderkruin is dit altyd lekker om te hoor hul oud-sportsterre skitter nog helder in die hoërskool.

Twee sussies, Carmen en Chanel Cronjé, was al top netbalspeelsters terwyl hulle in laerskool was en bereik nuwe hoogtes as hoërskoolleerlinge. Beide sussies is vanjaar verkies tot die Puma-span.

Carmen is in haar matriekjaar en het bygedra, toe sy vir die Kruiners se eerstespan gespeel het, dat die span derde eindig in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

“Sy het van krag tot krag gegaan met haar netbal en as hulpdoel is sy as een van die Suid-Afrikaanse kampioenskappe se Top 35 gekies terwyl sy vir die o/17-span gespeel het,” vertel skoolwoordvoerder Isobel Mitchley.

Op 11 Desember verlede jaar het sy aan verdere proewe deelgeneem in Pretoria, waar sy gekies is as een van 12 spelers in die Protea uinodiging-span wat vanjaar by Wilde Klawer sal deelneem.

“Die Kruiners is baie trots daarop dat ons deel kon wees van die vorming van hierdie pragtige netbalspelers.

“Ons wens die twee sussies net verdere sukses toe met hul netballoopbane,” het Isobel gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button