Local newsNewsSchools

Helpende Hand gee weereens terug aan skoolkinders

Ondersteaun hierdie projek.

Solidariteit Helpende Hand gaan behoeftige kinders weereens van `n tassie voorsien.

Vroër vanjaar het die Record geskryf die jaarlikse skoolprojek het in 2007 begin omdat daar baie ouers is wat nie skoolgeld kan bekostig nie.

Laerskool Dr Havinga, Laerskool Florida, Laerskool Roodebeek en Laerskool Generaal de la Rey het hierdie jaar deur die projek baat gevind.

“Elke skooltassie sal soos gewoonlik al die nodige skryfbehoeftes bevat, maar vanjaar sal daar `n paar bykomende items wees,” sê Marlien van der Westhuizen van Solidariteit Helpende Hand.

Die inhoud van die tassie sal daartoe bydra dat hulle “Eendag as ek groot is” droom `n werklikheid kan word.

“Helpende Hand glo dat armoede uitgewis kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by Graad 1s geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry,” sê Marlien.

“Dis ongelooflik om die kinders se opgewonde gesiggies te sien wanneer hulle die nuwe skooltassies uitpak.”

Om die motoriese vaardighede aan te help, het Helpende Hand Unifix-blokkies en ’n legkaart ingesluit. “Daarby word kinders se perseptuele vaardighede verbeter deur op die witbord, ook ingesluit in die tassie, te skryf.”

Daar sal 4 762 tassies aan behoeftige Graad 1s hierdie jaar geskenk word. SMS die woord “Tassie” na 38969 om R10 te skenk wat kan bydra om `n tassie vol skryfbehoeftes te maak.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button