NewsSchools

Kruiners tops by kunswedstryd

Met klei en papier kan hulle beslis werk.

Die Kruiners het ingeklim en hul talent gewys by die Kunswedstryd vanjaar.

Ses Laerskool Helderkruin-leerlinge het A++ (Diplomas) verwerf terwyl vyf leerlinge A+ (goud) verwerf het tydens die kunswedstryd.

Die skeppings van leerlinge Eunice Breytenbach, Elanica van der Westhuizen en Keagan Crous het veral uitgestaan.

Eunice en Keagan het beide pragtige dwergies uit klei gemaak. Beoordelaars was beïndruk met Elanica se collage end die tekstuur daarvan en het gesê sy het die tema goed gevolg deur seediere uit te beeld.

“Die uitslae was puik en die personeel is trots op elkeen van die deelnemers,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

“Saam met hul puik produkte het die Kruiners pragtige gedrag getoon by die wedstryd, hulle was onberispelik en voorwaar ‘n pluimpie vir elke ouer.”

Goud-wenners:

• Heliané Aucamp

• Aldy Esterhuizen

• Sinea Mallybesse-Smith

• Este-Marie Coetzee

• Isoné von Holtzhausen

Diploma-wenners:

• Elanica van der Westhuizen

• Juan Weideman

• Denard Vorster

• Keagan Crous

• Talia van Niekerk

• Eunice Breytenbach

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button