Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Hories twee jaar na mekaar Goue Leeus kampioene

Hul sukses word aan toegewydheid, spanwerk en ondersteunende ouers toegeskryf.

Laerskool Horison se o/10 rugbyspan is al vir die tweede agtereenvolgende jaar gekroon as die Goue Leeus kampioene.

Die bulletjies het verlede jaar as o/9 span die Ontwikkelingsliga van die Goue Leeus gewen, en vanjaar by die hoër Premierliga skoongemaak.

Saterdag 20 Junie het die span in ‘n eindstryd teen Laerskool Oosterkruin te staan gekom op Hoërskool Alberton se rugbyveld. Na 40 spannende minute het die Hories met ‘n eindtelling van 17-0 geseëvier, het skoolwoordvoerder Estie Beekman gesê.

“Hulle is die tweede span in die skool se geskiedenis om die trofee twee jaar agtereenvolgend huis toe te bring,” het sy gesê.

Menere Gert Koekemoer en Louis van Wyk wat die span afrig skryf hul sukses toe aan toegewydheid, spanwerk en ondersteunende ouers.

“Ons kyk met groot dankbaarheid terug op ‘n uiters suksesvolle liga,” het Koekemoer gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button