Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Laerskool Roodekrans het die beste doelwagter

Charmé Kruger is pas aangewys as Suid-Gauteng se doelwagter vir die o/13-span in 2015.

Sy is pas aangewys as Suid-Gauteng se doelwagter vir die o/13-span in 2015 en sal in verskeie toernooie die provinsie wys wat in haar steek.

Charmé Kruger, ‘n Graad 7-leerling van Laerskool Roodekrans het onlangs dié opwindende nuus gekry. Haar liefde vir hokkie het begin ontwikkel toe sy in Graad 4 was, het sy gesê. Dáár het sy geleer dat dit ‘n opwindende sport is en werklik ‘n uitdaging vir haar was om doelwagter te speel.

Charmé speel al vir die afgelope drie jaar vir die skool se A-span en is verlede jaar gekies vir die D12 span. Sy is ook by die skool as hokkie speelster van die jaar 2014 aangewys. Vir die afgelope drie jaar speel sy al by Khosaklub in Krugersdorp hokkie, waar sy einde verlede jaar aangewys is as hul mees belowendste nuwe speler.

Verder is sy ook gekies as die o/13 doelwagter vir die Gauteng Gryphon-span wat aan die Pro Series National Indoor Junior Championship in Kaapstad deelgeneem het.

“Sy het gou besef sy is vreesloos in die hok en het werklik talent, sy speel met kalmte en passie,” het skoolwoordvoerder Melinda Kruger van haar gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button