CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Havie leerling aangerand

Die leerling wat by Laerskool Dr Havinga aangerand is, is ongedeerd.

‘n Leerling van Laerskool Dr Havinga is verlede week deur ‘n onbekende man op die skoolgrond aangerand.

Volgens die voorsitter van die beheerliggaam, Ona Steyn het die man homself as ‘n ouer wat sy kind wil kom haal, voorgedoen. “Die polisie is tans besig om die voorval te ondersoek,” sê Steyn. “Die voorval is op kamera vasgevang en die beeldmateriaal is vir die polisie beskikbaar gestel.”

Steyn sê die leerling het mediese sorg ontvang. “Sy het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen nie en sterk tans tuis aan.”

“Die voorval maak ons almal weer bewus van gevare waaraan kinders blootgestel kan word. Ouers word ernstig versoek om met hul kinders te praat oor persoonlike veiligheid en seker te maak dat kinders ten alle tye in veilige areas op ouers wag om afgehaal te word.”

Die skool bestuur en Beheerliggaam beskou die voorval in ‘n baie ernstige lig en ondersoek verdere veiligheidsmaatreëls.

Roodepoort Polisie woordvoerder Nonhlanhla Khumalo het die voorval bevestig. Sy sê twee mans in ‘n wit Jetta met geen registrasienommer het by die skool gestop onder die voorwentsel dat hulle hul kind se skooltas soek.

“Een van die mans het die leerling probeer wurg en die kind gedreig. Die kind het geskree en die man het weggehardloop,”

Khumalo sê hulle is besig om die motief te ondersoek. “Ons gaan ook na die beeldmateriaal kyk om die man te identifiseer.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button