NewsSchools

Totsiens Meneer Van der Merwe!

Groot hartseer oor afskeid.

Die geliefde skoolhoof van Hoërskool Roodepoort, Munnik van der Merwe neem afskeid.

“Dit is met ‘n gevoel van groot jammerte dat ons moet meedeel dat Munnik van der Merwe ‘n pos as skoolhoof by Laerskool Swartkop in Pretoria aanvaar het. Ons gun hom hierdie pos, aangesien dit vir hom baie geriefliker gaan wees omdat hy in Pretoria woon,” sê die skool se skakelbeampte Marli du Randt.

“Ons allerbeste wense vergesel hom en ons dank hom van harte vir al sy liefde, lojaliteit, opoffering en leiding in die vier jaar wat hy as hoof opgetree het. Ons sal hom beslis mis, veral ook omdat hy ‘n ware omgee hoof was.

“Johan van Jaarsveldt, ons huidige adjunkhoof, sal in die tussentyd waarneem in Roodies verwelkom puik nuwe onnies Van der Merwe se pos tot tyd en wyl die nuwe hoof aangestel is,” sê Du Randt.

Op sy beurt het Van der Merwe die volgende boodskap aan sy kollegas, leerlinge en die ouers gerig.

“Dit is met hartseer dat ek moet afskeid neem van ‘n besondere skool..Tydens die afgelope vier jaar het ek verskeie hoogtepunte saam met die skool in sport en kultuur beleef en kon deel in menige matrikulant se blydskap wat hul skoolloopbaan suksesvol en met welslae voltooi het.

“Roodies sal altyd deel van my wees. Ek sal Roodies se prestasies in die toekoms met trots volg met die wete dat ek deel kon wees van hierdie trotse span.

“‘n Besondere woord van dank aan my bestuur, puik onderwyskorps, beheerliggaam, ouers en leerlinge wat my lewe in hierdie tyd verryk het.

“Na vier jaar se pendel tussen Pretoria en Roodepoort, was ek genoodsaak om ‘n pos nader aan my huis te aanvaar. As gevolg van logistieke redes moes ek ongelukkig hierdie besluit neem.

“Met goeie herinneringe groet ek Hoërskool Roodepoort. My beste wense vergesel elke leerling, ouer en onderwyser.

“Mag God se rykste seën elkeen op jul lewenspad vergesel. Mag die son steeds in u midde skyn,” was sy afskeidsboodskap.

Related Articles

Back to top button