CrimeNews

Man skiet rower dood

Rowers wag gesin in.

‘n Inwoner van Horison Park het Maandagaand tydens ‘n mislukte rooftog een van drie rowers doodgeskiet.

Volgens die man wat om veiligheidsredes anoniem wil bly, het hy, sy vrou en agtjarige kind omstreeks 8.20nm by die huis geariveer. Hy vermoed die drie rowers wat al gewapen was, reeds hulle  in die erf  ingewag het. Die rowers het die gesin binne die huis oorval en ‘n bakleiery het uitgebreek. Die man wat by sy vuurwapen kon uitkom het een van die rowers doodgeskiet maar die ander twee het gevlug.
Die man sê Horison Buurtwag was oombliklik op die toneel om hom en sy gesin by te staan.
Die man vra inwoners om asseblief meer waaksaam te wees.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Related Articles

Back to top button