Local newsNews

Laaste van die vierry-konsertinaspelers

CD opnmame om die kuns te laat voortleef.

Johan van Niekerk is nie enige konsertinaspeler nie.

Van Niekerk is die laaste, sover bekend, profesionele vierry-konsertinaspelers in die land en met die rare instrument het hy reeds diep spore in plaaslike musiekgeskiedenis getrap.

Van Niekerk is ‘n oud-Roodie en is reeds die afgelope 27 jaar by die skool betrokke waar hy tans departementshoof van lewenswetenskappe is.
Reeds as ‘n kannetjie van sewe jaar oud leer hy eers die klavier en daarna die melodika speel. Op ‘n uitstappie saam met sy musiekondewysers aan die legendariese vierryspeler, Dr. Hans le Grange sê laasgenoemde dat as Van Niekerk ‘n wysie op die unieke konsertina kan speel dat hy die instrument maar mag huis toe vat. Slegs ‘n halfuur nadat Van Niekerk die instrument onder hande geneem het kan hy Outa in die langpad speel en die res is geskiedenis.

Op sy musiekreis speel hy eers die konsertina an trekklavier in skoolkonserte en word selfs deur die tydskrif Sarie genader om toeriste op die bus na die Kruger Nasionale Park te vermaak. Na matriek word hy ook deel van die Suid-Afrikaanse Weermag se koor- en konsertgroep, die Kanaries. In 1981 word hy lid van Piet van Heerden se orkes waar hy tot 1995 die hoofsanger en konsertina- en trekklavierspeler is. Hy tree ook in die tagtigs saam met kunstenaars soos Steve Hofmyer, Laurika Rauch, Sonja Heroldt, Karin Hougaard, Bles Bridges en Johan Stemmet op. Verder was hy ook deel van Leon Schuster se Rugby Revue wat die hele land vol getoer het.

In September 2014 word hy deur Gerhard Meyer, nog ‘n groot boeremusiek gees, herontdek. Meyer wat ‘n klankateljee besit dring toe daarop aan dat ‘n opname gemaak word sodat ander ook die talent kan geniet.

Die CD, getiteld ‘4 Doop’, is nou beskikbaar en daarop speel Van Niekerk nie net sy geliefde vierry-konsertina maar ook die trakklavier, orrel en melodika.

Die CD is nie in die winkels beskikbaar nie en kan slegs by Van Niekerk by jcvan@live.co.za bestel word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button