Local newsNewsSchoolsUpdate

Oud-Bastionleerder blom in Muldersdrif

Mareli Keyter (22) maak 'n loopbaan van hotelwese in Muldersdrift.

Mareli Keyter (22) wat in 2009 by Bastion gematrikuleer het, kóók nou in Muldersdrift.

So het onderwyseres Rista Zoutendyk ontdek toe sy onlangs ‘n glansgeleentheid by The Roots in Muldersdrift bywoon.

Toe Zoutendyk en voorsitter van die Wesrandse Sakevrou Rita Nawn aansit, besef sy dat sy dié gesiggie ken.

“Keyter is ‘n produk van Bastion se hotelskool,” vertel skoolwoordvoerder Melitta Geyser.

“Sy werk tans by The Roots en vaar uitstekend in haar loopbaan – hulle is bekend vir hul puik en interessante kos.”

Geyser reken dit aan Keyter se Gasvryheidstudies toe dat sy in hotelwese blom.

“Die vak bied leerlinge die geleentheid om hulself goed voor te berei vir die lewe asook vir ‘n beroep in die voedsel- en hotelbedryf,” meen sy.

“Dié bedryf verg baie werk en lang ure, maar bied soveel bevrediging wanneer kliënte tevrede wegstap met die vooruitsig om weer te kom.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button