NewsSchoolsUpdate

Kruiners se kuns gekies vir provinsiale uitstalling

Helderkruin-leerlinge se buiteruim-kuns gekies vir provinsiale uitstalling in Oktober.

‘n Aantal skole in die distrik het onlangs by Laerskool Roodekrans bymekaargekom vir die jaarlikse viering van die Tale en Lewensvaardighede visuele en uitvoerende kunste.

“Twee- en driedimensionele kuns van elke skool se Graad 3-leerlinge is uitgestal terwyl elke skool ook opvoerings aangebied het,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Laerskool Helderkruin se Graad 3-leerlinge het kunswerke gemaak wat die buiteruim uitgebeeld het.”

Tydens die uitstalling het distriksverteenwoordigers van Laerskool Helderkruin se kunswerke gekies om uitgestal te word by die provinsiale geleentheid in Oktober.

Ses van die Graad 3-leerlinge het mevroue Smith en Lotter na Roodekrans vergesel waar hulle stories gelees en uitgebeeld het wat hulle self geskryf het.

“Die leerlinge het Helderkruin se naam hoog gehou met hul spoggedrag en pragtige optredes,” het Mitchley gesê.

 

Related Articles

Back to top button