Roodies het ‘n passie vir sport

Roodies wys hul staal met hul uitstekende sporttalent.

Roodies is passievol oor sport. Hulle het dit die afgelope tyd weer bewys. Met hul puik krieketvermoëns het 12 leerlinge van Laerskool Roodekrans onlangs aan die distriksproewe deelgeneem om die Sentraal-Wes krieketspanne te kies. Die 12 Roodies het hulle skool onderskeidelik in die o.9-, o.10-, o.11- en o.12-span verteenwoordig.

Twee-en-dertig Roodie landloopatlete het ook onlangs aan die King’s School Clearwater-padwedloop deelgeneem. Hulle het saam met drie van hul onderwysers aan ‘n 5km- of 10km-wedloop deelgeneem.

“Vir die onderwysers was dit net goeie oefening,” sê skoolwoordvoerder en onderwyseres Marike Cronjé grappenderwys.

Barry Diedericks, ‘n o.13-atleet, het sy afdeling gewen.

Related Articles

Back to top button