Local newsNews

Groep wil misdaad in die gees bestry

Gemeenskap bid vir Roodekrans.

Die aand van 30 Julie het sowat ‘n 100 gelowiges die strate van Roodekrans ingevaar om misdaad op ‘n ander wyse te beveg – deur gebed.

Die inisiatief wat gebore is uit die Lig en Lewe kerk in Poortview onder leiding van pastoor Tertius Lehanie, sy broer pastoor Robert Lehanie en Wynand Schultz, glo dat misdaad nie net in die fisiese nie maar ook in die spirituele dimensie beveg moet word. Hulle haal Psalm 127:1 uit Die Boodskap Bybel aan as hulle inspirasie, wat lui: “As die Here die stad nie oppas nie, help dit net mooi niks dat die polisie die strate patrolleer nie”.

Pastoor Tertius sê dat die onlangse moord in Roodekrans die finale strooi was en in samewerking met die Christian Motorcycle Association (CMA) en die Roodekrans Buurtwag is die vedltog toe van stapel gestuur.

Die groep gaan voorlopig elke Woensdagaand om 6.30nm op die hoek van Ouklipweg en CR Swartrylaan by die Caltex-garage bymekaarkom waar hulle met sang en gebed sal open. Van hier af poog hulle om elke straathoek in die buurt teen misdaad te salf asook inwoners wat deur misdaad getraumatiseer is te bedien.

As die hele Roodekrans gedek is sal hulle aanbeweeg na die volgende buurt.

Vir meer inligting kan Pastoor Lehanie gekontak word by 083 394 2812.

Related Articles

Back to top button