Local newsNews

NG Kerk Quellerina gaan groot vir Paasfees

Datum vir Paasmusiekaand in April bevestig.

Tans word daar groot reëlings getref vir wanneer talle Christene Jesus se opstanding oor ‘n maand gaan vier.

Op Vrydagaand 11 April om 7nm word die jaarlikse Paasmusiekaand weer by die NG Kerk Quellerina aangebied.

Die gaskunstenaar is Danie Botha, bekende gospelsanger wat ook ook as die “singende prediker” bekend staan. Danie tree reeds byna 20 jaar landwyd op.

In die voorprogram sal die Con Spirito Koor van Hoërskool Florida ook optree. Na afloop van die program kan gaste verversings geniet en lekker saam kuier.

ATKV Quellerina streef daarna om terug te ploeg in die gemeenskap en die wins van hierdie program word gelykop verdeel tussen Ons Huis Tehuis vir Bejaardes en NG Kerk Quellerina se Ontwikkelingsprogram in Claremont.

Kaartjies teen R70 per persoon is beskikbaar by Dirk by 011 673 3786 of 082 352 0839, of Janna by 083 352 0839.

Related Articles

Back to top button