NewsSchools

Florries se jokfees is hier!

Dis tyd om te baljaar van 25 Julie tot 2 Augustus.

Dis weer sulke tyd – om snaakse hoede te dra, jou gesig te verf en op en af te spring van blydskap want van Donderdag 25 Julie tot Vrydag 2 Augustus bied Hoërskool Florida hul jaarlikse en opwindende Jok-fees aan.

Die program:

• Donderdag 25 Julie – Bou Groen (Die blikkies bou projek)

Inwyding van tuin 5.30nm (Bome moet kla wees vir Jok Fees)

• Vrydag 26 Julie — Idols Kompetisie 6.30nm

• Saterdag 27 Julie — Liedjieskryfskool wat aangebied word deur Riku Latti 10vm tot 4nm

Die Wasgoedlyn konsert met kunstenaars soos Riku Latti en Lochner de Kock 7nm

• Maandag 29 Julie — Gr 12 Kunsuitstalling 4.30nm tot 6nm

Katjiepieringrestaurant sal oop wees 2.15nm tot 6.30nm

Drama-aand 6.15nm

• Dinsdag 30 Julie — Chris Chameleon konsert 6.30nm

• Woensdag 31 Julie — Tongelos 6.30nm

• Donderdag 1 Augustus — Melktert Kommisie konsert 7nm

• Vrydag 2 Augustus — Rock Star Interactive Drumming

Intrepeneursdag

So you think you can dance Kompetisie

Paintball met n twist

Related Articles

Back to top button