Oosterland se Wieleskou is terug op Secunda met ’n wroem

Skougangers kan ’n groot verskeidenheid vermaak verwag.

Hoërskool Oosterland se Wieleskou is terug met ’n ‘Wroem’ op Saterdag, 28 Mei.

Vanjaar se tema is ‘Route 66’.

Dit vind by Graceland Casino, Hotel en Buitelugklub plaas.

Die hekke open om 08:00 en die skou sal duur tot 17:00.

Skougangers sal die bekende Amerikaanse ‘Route 66’ kan stap, fotos neem en op ’n kaart kan merk waar hulle gestap het.

Van die dinge waarna skougangers kan uitsien, is lekker kosstalletjies, ‘drifting’, ’n junior ‘Gladiator’-baan en ’n 4×4 avontuur.

Een van die hoogtepunte by vanjaar se skou sal sekerlik die Suid-Afrikaanse ‘Drifting’ kampioen, Jim McFarlane wees, wat ook by die Wieleskou gaan wees en skougangers gaan vermaak.

Die gemeenskap gaan ook die kans kry om saam met McFarlane in sy motor te ry.

Een van die nuwe dinge wat by vanjaar se Wieleskou gaan wees, is ’n kattebak-uitverkoping, beter bekend as ’n ‘Car-Boot-Sale’.

Die gemeenskap sal die kans kry om teen R100 per parkering, van al hul ou goed ontslae te raak en ’n wins te maak.

Toegang vir die Wieleskou is R50 per persoon.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na bemarking@oosterland.co.za of skakel Liné De Vries by 082 786 0134 of Claudia Venter by 072 411 1109.

Een van die motorbestuurders in aksie op die ‘drifting’-baan by ’n vorige Wieleskou.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version