Laerskool Delmas bied Valkie-rugby aan

Die oggend het hoofsaaklik gefokus op die jonger grade en selfs voorskoolse kinders het meegeding op die rugbyvelde en netbalbane.

Verskeie skole se kaalvoet-spelertjies het op Saterdag 14 Mei aan die immergewilde Valke-rugby by Laerskool Delmas deelgeneem.

Behalwe vir Laerskool Delmas, het ander deelnemende skole Laerskool Christiaan Beyers, Pam Brink, Hannes Visage, Selection Park en Jan van Riebeeck ingesluit.

Die oggend het hoofsaaklik gefokus op die jonger grade en selfs voorskoolse kinders het meegeding op die rugbyvelde en netbalbane.

Valkie-rugbyspanne wat deelgeneem het, was 0/6, 0/7 en 0/8.

Daar was egter ook mini-netbal waaraan verskeie spanne, onder andere ook Laerskool Eloff deelgeneem het.

Heidi Kleuterskool se pom-poms, mini-rugby en mini-netbalspanne was ook ewe trots in aksie op die bane en velde en die talent en toewyding van die kleuters, ouers, onderwysers en afrigters was duidelik sigbaar.

“Dit was spanwerk 1000. Baie dankie aan Heidi se graad-R’e asook die personeel. Dankie vir die deel wees en raakvat by ’n heerlike sportdag”, het Heidi se skoolhoof, Riëtte Wheller laat hoor.

Dit was ’n besige oggend vol opwinding en volgens die organiseerders ’n groot sukses.

Laerskool Delmas se 0/8 Valkie-rugbyspeler mik vir die doellyn.
Twee van Heidi se rugbymanne probeer keer dat die teenstander nie die doel bereik nie.
Mini-netbal-verdediging in aksie.
Hier vind Valke-rugby aksie op die velde van Laerskool Delmas plaas.
Valkie-rugby in aksie.
Laerskool Delmas en Laerskool Eloff meet kragte.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button