Maklike en bekostigbare Kersboom idees

Jy het geen verskoning om vanjaar nié ’n Kersboom te hê nie. Kyk hoe maklik en bekostigbaar is dit om jou eie te maak.

Maak dié Kersfees uniek en skep jou eie boom.

Kersversierings en -bome is gewoonlik duur en die goedkoper produkte hou nie.

Jy kan vanjaar die kinders besig hou en ’n nuwe Kersboom hê.

Versamel groot, middelslag en klein blikkies.

Gebruik verskillende kleur plastiek proppies, oorskot lint en enige ander bykomstighede waarmee jy die boom mee wil versier.

Jy kan die blikke silwer hou of dit verf.

Verf die blikke groen, rooi of wit soos jy dit verkies.

Wag tot die verf droog is en versier dan elk blik.

Begin met die grootste blik en pak die blikke dan bo-op mekaar, jy hoef nie net drie blikke te gebruik nie.

Indien jy reeds ’n ster het, plaas dit op die boonste blik of maak jou eie.

As jy sou wou, plak die blikke met wondergom aan mekaar vas of gebruik ’n gomgeweer.

Draai nou lint of liggies om jou blikkies sodat dit jou nuwe boom afrond.

Exit mobile version