Bethal pastoriemark gerat en gereed

Die afsnydatum vir voorlegging deur uitstallers is Vrydag 1 November.

BETHAL – Dit is weer byna tyd vir die jaarlikse Pastoriemark wat van 26 tot 29 November deur die N.G. Kerk Bethal-Oos aangebied gaan word.

Dié kerk is op die hoek van Wichtstraat en Hoëveldlaan geleë en jy kan die mark van 9vm tot 7nm besoek.

Die mark streef na ‘n Kersmark met unieke gehalteprodukte.

Entrepreneurs van oraloor stal hoofsaaklik handgemaakte artikels soos heuning, braaiers, kleinkoekies en selfs silwer juweliersware uit.

Kaartmasjiene is by die betaalpunt by die uitgang beskikbaar vir maklike betaling.

Die Pastoriemark het sewe jaar gelede ontstaan toe ds. Annatjie Marais destyds haar pastorie vir stylvolle uitstallings beskikbaar gestel het. Sedertdien het die mark uitgebrei en ontwikkel tot ‘n heerlike kuiermark met ‘n gesellige atmosfeer wat te veel uitstallers vir een huis gehad het.

Vanjaar se teetuin beloof om weer ‘n treffer te wees en saans word wegneemetes voorsien.

Dinsdag sal daar bobotie wees, Woensdag hoenderpastei en Donderdagaand is daar lasagne op die spyskaart.

Die inkomste van die mark plaas Tutela Gesinsorg Bethal in die gunstige posisie om buitengewone dienste vir behoeftige gesinne te lewer, soos terapie, mediese sorg of waar nodig, assessering deur spesialiste.

Die afsnydatum vir voorlegging deur uitstallers is Vrydag 1 November.

Uitstalruimte raak elke jaar meer beperk soos wat die mark se gewildheid toeneem.

Die organiseerder, me. Marita Oosthuizen, kan by maritao@vodamail.co.za gekontak word.

Selfs die viervoetige vriende kan bederf word.
Exit mobile version