EntertainmentLifestyle

Ondersteun Bethal se Kersliggiefees

Persone wat vir minder bevoorregte kinders ’n geskenk wil gee kan iets vir nie meer as die waarde van R50 koop, dit toedraai en vir me. Michelle Rademeyer of by me. Christa Venter se huis afgee.

BETHAL – Feestyd is om die draai en vanjaar kan die gemeenskap saam Kersliedere sing terwyl minderbevoorregte kinders geskenkies ontvang.

Die idee is nie om net kinders te help wie se ouers dit nie kan bekostig nie.

Ouers wat vir hul kinders ‘n geskenk onder die boom wil sit, is welkom.

Onthou net dat hulle name daarop duidelik sigbaar moet wees.

Mense wat vir minderbevoorregte kinders ‘n geskenk wil gee, kan iets vir nie meer nie as die waarde van R50 koop, toedraai, en by me. Michelle Rademeyer of by me. Christa Venter se huise afgee.

Me. Rademeyer het gesê: “Baie kinders het nog nooit ‘n Kersboom in hul eie huis gehad nie, wat nog te sê van ‘n geskenk.

“Ons beplan om op 7 Desember ‘n Kersboom te reël vir Bethal se kinders.

Dis oop vir alle kinders in die gemeenskap vanaf 0 tot 12 jaar.”

Hulle gaan Kersvader en Elfies ook daar hê.

Dit sal omstreeks 4nm op Hoërskool Hoogenhout se rugbyveld begin en omstreeks 6.30nm sal die samesang van Kersliedere deur al die inwoners begin.

Hulle beplan en benodig hulp met ‘n groot Kersboom en versierings, klein geskenkies vir seuns en dogters, worsbroodjies, koeldrank, lekkergoedpakkies, ‘n braaier, hout en hootskool, ‘n verhoog, beligting en ‘n tent vir die kunstenaar wat gaan optree.

Elkeen wat kan, moet dit asseblief bywoon en ‘n kers saambring.

“Ons sal bekende Kersliedere sing wat almal ken. Ons vra dan dat dié wat kan help, ons kontak, so ook dat die wat hul kinders gaan bring en bywoon dieselfde doen, sodat ons weet hoeveel mense en kinders daar gaan wees.

“Dit is nie ‘n politiese, kerk of skoolprojek nie. Dit is vir Bethal, deur Bethal.”

Die kunstenaar Rinél Day sal ook die aand optree.

Vir meer inligting, skakel of stuur ‘n boodskap na mnr. Hennie Rademeyer by 076 531 3587 of me. Michelle Rademeyer by 060 491 7038.

Vir alle musieknavrae of om ‘n bydrae te maak, skakel vir mnr. Berdie Smith by 076 478 8954.

Related Articles

Back to top button