Rondekerk bied jaarlikse Rondefees aan

Fees bied vermaak vir oud en jonk

SECUNDA – Die Rondekerk het die afgelope naweek hul jaarlikse Rondefees by die kerk aangebied.

Die fees het op Vrydagaand afgeskop met ’n eenmanvertoning deur ds. Henry Stopforth en is gevolg op Saterdag, 26 Oktober met stalletjies en vermaak vir die kinders.

Die stalletjies het allerlei lekkernye, gevriesde etes en ander items verkoop terwyl die kinders kon baljaar in die sandput of vir ’n rit op die meganiese bul kon gaan of op die springkastele kon spring.

Ds. Henry Stopforth op Saterdag, 26 Oktober by die Rondekerk se Rondefees.
Me. Elmarie du Toit en me. Letitia van der Westhuizen help op Saterdag, 26 Oktober by die poedingtafel Rondekerk se Rondefees.
Ruduan Mulder klou vas aan die meganiese bul by die Rondekerk op Secunda se Rondefees op Saterdag, 26 Oktober.
Exit mobile version