Ontdek Die Superhero Vrou by Graceland saam met Timothy Kieswetter

Die vrou met die beste superheld-uitrusting sal fantastiese pryse losslaan

SECUNDA – Die vrou se superkrag lê in haar vermoë om om iets wat “goed” is te verander in iets wat sommer “baie goed” is.

Timothy Kieswetter vertel in sy vertoning, Die Superhero Vrou, van toe God die hemel en die aarde gemaak het, het Hy gesê dit is goed.

Nadat Hy al die diere van die veld en die voëls gemaak het, het Hy gesê dit is goed.

Nadat God vir Adam gemaak het, het Hy gesê dit is nie goed vir man om alleen te wees nie. Toe skep God die vrou en sê, dit is sommer baie goed.

In dié skreeusnaakse show wat op Vrydag, 30 Augustus, in die Graceland Arena aangebied word, gaan Timothy Kieswetter jou los met baie nuwe idees hoe om jou man te betoor.

Kom luister hoe hy vir jou praktiese advies gee oor hoe om jou superkragte te gebruik in jou lewe en in jou huwelik.

Die aand is vir vroue en moedig jou aan om soos ‘n superheld aan te trek. Die vrou met die beste superheld-uitrusting sal fantastiese pryse losslaan.

Kaartjies is R120 elk.

Hou ‘n oog op die Ridge Times Facebook blad vir ‘n kompetisie om kaartjies te wen na die “Timothy Kieswetter ” vertoning.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version