Hoërskool Oosterland se spanne vaar goed in Mpumalanga-liga

0/15-span klop Hoërskool Baberton in halfeindrondte

SECUNDA – Hoërskool Oosterland se 0/15-rugbyspan het op Saterdag, 8 Junie met Hoërskool Baberton afgereken en hulle in die halfeindronde van die Mpumalanga-liga met 45-5 geklop.

Die 0/15-span sal op Saterdag, 13 Julie in die eindronde teen Curro Nelspruit te staan kom.

Oosterland se eerste rugbyspan het ook uitgeblink en 19-19 gelykop teen Hoërskool Hoogenhout gespeel.

Oosies se eerstespan sal nou teen Penryn College speel vir die derde of vierde plek. Oosterland se 0/15-dogters-hokkiespan het tydens die uitspeelwedstryde op Volksrust gekwalifiseer om aan die eindronde wat op Saterdag, 13 Julie plaasvind, teen Hoërskool Nelspruit en Ligbron Akademie vir Tegnologie, te speel.

Oosies se 0/15-span het dus ook deurgedring na die Noordvaalkampioenskap.

Die eerste seunshokkiespan het HTS Middelburg met 2-1 geklop en deurgedring na die eindronde.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die eerstespan kwalifiseer om aan die Noordvaalkampioenskap deel te neem. Oosies se 0/16-seunshokkiespan het twee wedstryde tydens die uitspele verloor en kon nie verder vorder nie, hoewel hulle ook ‘n goeie seisoen gehad het en hul afdeling by die liga gewen het.

Me. Liné de Vries, Hoërskool Oosterland se skakelbeampte, het die ouers vir hul ondersteuning, die afrigters vir hul harde werk en die spelers wat nooi tou op gegooi het nie, bedank en gesê sonder hulle sou Oosies nie so goeie wintersport-seisoen beleef het nie.

Hoërskool Oosterland se 0/15-rugbyspan het Hoër

Related Articles

Back to top button