EntertainmentLifestyle

Wen kaartjies en Lollos-geskenk vir hul vertoning op Standerton

Kleingoed staan ook ’n kans om twee gratis kaartjies, ’n Lollos-geskenk en ’n foto saam met die Lollos-span te wen

STANDERTON – Lollos, Lettie en hul vriende besoek Standerton op 1 Junie.

Dié kleurvolle karakters het met al hul opwindende reise na die Aarde soveel lekker dinge geleer terwyl hulle ook hope pret gehad het saam met Disco en hul maats.

Hierdie splinternuwe, kleurvolle vertoning fokus op die interaktiewe vaslegging van lekker lessies wat Lollos en Lettie geleer het.

Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies maak Lollos en Lettie dit maklik vir die maatjies om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans.

Mense wat beplan om die vertoning by te woon, kan uitsien na treffers soos Tandeborsel, Babbelbekkie, Die Vriendelike Dokter en Oppaktyd, – en natuurlik ook ‘n lekker dosis immergroen Lollos-bekendes wat almal se boudjies sal laat wikkel.

Die vertoning vind om 4nm in die skoolsaal van Laerskool Kalie de Haas in Dr Nelson Mandela-rylaan, Meyerville, plaas.

Die deure open reeds om 3.30nm.

Kaartjies is beskikbaar op Quicket teen R85 per persoon.

As die kaartjies nie vooraf uitverkoop nie, sal daar op die dag ook kaartjies kontant by die deur te koop wees teen R90 elk.

Kleingoed staan ook ‘n kans om twee gratis kaartjies, ‘n Lollos-geskenk en ‘n foto saam met die Lollos-span te wen.

Om vir dié prys in aanmerking te kom, moet jy jou naam en kontakbesonderhede, epos-adres, die woord STANDERTON en jou kind se gunsteling Lollos-liedjie per epos stuur na admin@kindervermaak.co.za of WhatsApp dit na 065 298 3864.

Noem die kompetisie in die onderwerp-spasie of boodskap.

Die wenner sal op 31 Mei aangekondig en gekontak word.

Jy kan steeds deelneem al het jy reeds kaartjies.

As jy die wenner is, en reeds kaartjies het, sal jy die geld terugkry.

Die wenner moet by die vertoning wees om sy of haar pryse te kan ontvang.

Verhoog jou kans om te wen deur die name van nog mammas en pappas met klein kinders in die gebied se naam, van en kontak-besonderhede aan te stuur.

Jy kry ‘n ekstra inskrywing vir elke ses wat jy stuur.

Lollos en Lettie kuier tree op by Laerskool Kallie de Haas op Standerton op 1 Junie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button