EntertainmentLifestyle

Mnr. Seks en Mev. Kopseer verbreek die mites oor mans en vroue

Ons nooi jou uit om die Alpha-man, die koek, die tert, die seuntjie-man en nog vele meer karakters te ontmoet en sien hoe hulle ontdoos word.

SECUNDA – “Mnr Seks en Mev Kopseer” is ‘n konsep so oud soos die berge.

Daar word mos altyd gesê die man is altyd lus en vrou altyd geblus!

Maar dit is nou eers onlangs dat hulle uit die slaapkamer begin praat, en word daar agterkom dat dit eintlik meer “50 skadus van grys” is.

In Timothy Kieswetter se nuutste opvoedkundige komedie, ontdoos hy al die stereotipiese gedrag wat ons aan die manlike en vroulike seks koppel.

“Moenie toelaat dat die samelewing jou in ‘n stereotipies boks plaas nie,” vertel hy.

“Ons nooi jou uit om die Alpha-man, die koek, die tert, die seuntjie-man en nog vele meer karakters te ontmoet en sien hoe hulle ontdoos word.”

Kom verryk jou huwelik met hierdie vermaaklike en skreeusnaakse een-man komedie wat jy nie wil misloop nie.

“Mnr Seks en Mev Kopseer” is op die planke by Graceland-hotel, -casino en -buiteklub op 1 Maart.

Die vertoning begin om 7nm.

Kaartjies is teen R130 elk beskikbaar by Computicket of by die Winners Circle-toonbank by Graceland.

Besoek ons Facebook blad vir ‘n kans om kaartjies te wen vir die vertoning.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button