Maak ’n nota van Jukebox Familie Piekniek

’n Totaal van 14 kunstenaars, insluitend Manie Jackson, Sonja Herholdt, Appel, Jay, Die Flooze en Fatman, gaan besoekers by dié geleenthede vermaak.

Pieter Koen, vermaaklikheidskunstenaar en televisie-aanbieder van Standerton, sal op 31 Maart vanaf 9vm tot 5nm by Henbase Lodge in die Morgenzon-omgewing sy Jukebox Familie Piekniek aanbied.

“Dit gaan alles oor die oomblikke wat ons nie net saam geniet nie, maar ook saam laat gebeur,” het Pieter gesê.

Volgens hom, is die lodge se ligging perfek, met meer as genoeg spasie, uitmuntende geriewe en ’n ongelooflike mooi uitsig van die omgewing.

Kos om aan te smul, iets om ’n dors te les, ’n verskeidenheid stalletjies en musiek sal die botoon voer.

’n Totaal van 14 kunstenaars, insluitend Manie Jackson, Sonja Herholdt, Appel, Jay, Die Flooze en Fatman, vermaak besoekers by dié geleenthede.

Besoek die amptelike familiepiekniek-webwerf en bekom kaartjies by iTickets.

Kaartjies beloop R200 per persoon en kinders tot en met drie jaar kan gratis ingaan.

Daar sal ook veilige parkering beskikbaar wees met die nodige geriewe vir gestremdes.

Exit mobile version