EntertainmentLifestyle

Rugbylegendes kom saam Andries Vermeulen en Steve Hofmeyr in Secunda kuier vanaand

Die rugby-legendes wat die aand gaan saamgesels, is Gert Smal, Pieter Hendriks, Carel du Plessis, Bakkies Botha, Chester Williams en Werner Swanepoel.

SECUNDA – ‘n Legendariese aand is op die kaarte vir die mans wat kaartjies bekom het vir Vrydag, 15 Februarie.

Die jaarlikse Manne-aand saam met die legendes van Suid-Afrikaanse rugby, vind dan in die Curro-skoolsaal plaas.

Dié aand het al ‘n jaarlikse instelling geword om geld in te samel vir Laerskool Goedehoop.

Daar is ‘n rits bekendes wat dié aand met die gaste gaan skouers skuur en van 6nm tot laataand gaan saamkuier.

Die gewilde Andries Vermeulen en Pottie is die aanbieders van die aand en Steve Hofmeyr die gaskunstenaar.

Die rugby-legendes wat die aand gaan saamgesels, is Gert Smal, Pieter Hendriks, Bakkies Botha, Chester Williams en Werner Swanepoel.

Kaartjies is steeds beskikbaar teen R10 000 per tafel van 10 mans.

Dié stewige bedrag sluit egter die ete en drankies in.

Belangstellendes kan kaartjies by me. Es Zaaiman bespreek.

Skakel haar by 017 634 8355 of stuur ‘n epos na es@tnjprop.co.za.

Related Articles

Back to top button