Clariska wil dankie sê na huisbrand

Gesin het nuwe blyplek na brand

BETHAL – Me. Cariska van Vuuren wil graag dankie te sê aan die gemeenskap nadat hul huis in Krieketlaan op Sondag, 2 Desember gebrand het.

Die brand het omstreeks 6vm ontstaan. Mnr. Albert van Vuuren het 6.10nm wakker geword van die rook en vir sy vrou geskree om die kinders uit die huis te kry.

Die Van Vuuren-gesin het al hul meubels en klere verloor en die gemeenskap het hulle oorweldig deur dié nodige items te skenk.

“Ons het genoeg gekry en ons het nou ander blyplek ook,” het me. Van Vuuren gesê.

“Ek wil net vir die gemeenskap en almal wat hul harte en hande oopgemaak het, baie dankie sê.”

Me. Van Vuuren wil graag in die nuwe jaar gratis by skole op Bethal, Kriel, Secunda, Evander en Trichardt oor brandveiligheid gaan gesels en leerders touwys maak oor noodsaaklike veiligheidswenke tydens só ’n geval, omdat sy en haar man ’n onderneming wat brandblussers diens, besit.

Vir meer inligting of om me. Van Vuuren vir ’n praatjie te nooi, skakel haar by 084 819 4540.

Related Articles

Back to top button