EntertainmentLifestyle

Pastoriemark op Bethal weer op hande

Die geld word gebruik vir evaluering, forensiese assessering, terapie en gespesialiseerde hulp aan kinders van die omgewing, wat deur moeilike omstandighede gaan weens onder meer psigiatriese probleme, seksuele misbruik en egskeidings.

Die N.G. Gemeente Bethal-Oos bied vanjaar vir die sesde keer ’n Pastoriemark aan ten bate van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR).

Die geld word gebruik vir evaluering, forensiese assessering, terapie en gespesialiseerde hulp aan kinders van die omgewing, wat deur moeilike omstandighede gaan weens onder meer psigiatriese probleme, seksuele misbruik en egskeidings.

Gesinne kan ook vir interaksionele analises gestuur word om as pleegouers aangestel te word.

Die mark vind plaas op die kerkterrein vanaf Dinsdag 27 November tot 30 November vanaf 9vm tot 7nm.

Die kerk is geleë in Wichtstraat, links verby die hekke van Hoërskool Hoogenhout se skool- en koshuisgeboue.

Almal word genooi om hul Kersinkope alles onder een dak te kom doen waar ’n verskeidenheid van items beskikbaar gaan wees, asook heerlike varsgebak.

 

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button