EntertainmentLifestyle

NG Kerk se Wes-gemeente in Standerton hou basaar

Pannekoek, braaivleis, sosaties, kerrie en rys, vetkoek, worsbroodjies en vele ander disse is gemaak en verkoop.

Die N.G. Kerk se Wes-gemeente het Saterdag, 27 Oktober, ’n basaar aangebied en daar was iets vir oud en jonk.

Met die Currie-Beker eindronde wat tussen die Westelike Provinsie en die Haaie van Natal beslis is, was dit net gepas dat die tema ‘Rugbyjol, dis hoe ons rol’ was.

Stalletjies het uiteraard ook by dié tema aangepas.

Pannekoek, braaivleis, sosaties, kerrie en rys, vetkoek, worsbroodjies en ander heerlike disse is gemaak en verkoop.

Kinders kon uitsien na springmielies en spookasem en oudergewoonte was ’n wit olifant-tafel ook populêr.

’n Mini trekker met sleepwa is ook ingespan en trekkerritte is aangebied.

Related Articles

Back to top button